Jode in Suid-Afrika

Jode in Suid-Afrika

Suid-Afrikaanse Jode (kloksgewys, van links bo): Wolf Ehrlich, Helen Suzman, Hermann Kallenbach, Bertha Solomon, Irma Stern, Morris Alexander, Morris Kentridge.
Totale bevolking: 120 000
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika geskatte 67 000[1]–75 555[2]

Vlag van Israel Israel 20 000[3]
Vlag van Australië Australië 15 000[4]
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 10 000

Taal: Suid-Afrikaanse Engels (oorgrote meerderheid) en Afrikaans, van godsdienstige: Jiddisj, Hebreeus
Geloofsoortuiging: Ortodokse Judaïsme (80%)[1]
Hervormde Judaïsme (20%)[1]
Verwante etniese groepe: Boerejode, Lemba, Jode in die algeheel.

Die Jode in Suid-Afrika is ’n gemeenskap van nagenoeg 52 000 mense,[5] die twaalfde grootse Joodse gemeenskap in enige land ter wêreld.[6] Op sy hoogtepunt omstreeks 1970 het die Jode in Suid-Afrika amper 120 000 siele getel, maar die emigrasie van nagenoeg 40 000 Suid-Afrikaanse Jode na veral Israel asook Australië, Kanada en Nieu-Seeland, tesame met ’n lae geboortesyfer, het hul getalle met amper 40% laat afneem, terwyl Suid-Afrika se wit bevolking, waarvan die Jode ’n klein onderafdeling vorm, in dieselfde tyd eers toegeneem, maar later teruggesak het tot min of meer dieselfde getal as in 1970. (Die afname sou selfs groter gewees het as 10 000 Jode nie van omstreeks 1970 tot 1994 uit Israel na Suid-Afrika geëmigreer het nie.)[7] Tog oefen Joodse Suid-Afrikaners steeds op vele terreine, soos die politiek, ekonomie en kunste, ’n invloed ver buite verhouding tot hul getalle uit.

Weens verstedeliking kan Suid-Afrika se Joodse inwoners vandag as 'n twee-stad-bevolking beskryf word: Van die totaal van nagenoeg 80 000 siele (Jode in die algemeenste sin van die word, maar met 'n kernbevolking van net oor die 50 000), woon amper tweederdes (50 000) in Johannesburg en meer as 'n vyfde (17 000) in Kaapstad. Dus is amper 85% van die bevolking in net twee stede saamgetrek, met kleiner bevolkings in Port Elizabeth, Durban en Pretoria. Suid-Afrikaanse Jode was vroeër jare, toe elke dorp van enige grootte 'n gemeenskap met 'n eie shul en gemeenskapsorganisasies gehad het, veel beter geïntegreer in die breë Suid-Afrikaanse samelewing. Dit verklaar waarskynlik hoekom die koers van ondertrouery met nie-Jode slegs 7% is.[8] Selfs in die stede waarin die grootste Joodse bevolkings voorkom, is hulle beperk tot sekere voorstede: In Kaapstad in die suidelike voorstede, stadskom en aan die Atlantiese kus (Groenpunt, Seepunt en Kampsbaai, met 'n kleiner bevolking rondom Milnerton en Bloubergstrand), en in Johannesburg in die noordooste en noorde van die stad.[9]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 (en) Rebecca Weiner, Rebecca Weiner, ed. (2010) (PDF), South African Jewish History and Information, Jewish Virtual Library, https://www.jewishvirtuallibrary.org/jsource/vjw/South_Africa.html, besoek op 13 Augustus 2010 
  2. (en) Census 2001: Primary Tables: Census '96 and 2001 compared (PDF). Pretoria: Statistics South Africa. 2004. pp. 25–28. ISBN 0-621-34320-X. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 20 Desember 2014. Besoek op 1 Desember 2014.
  3. (en) "MIO.ORG.IL". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Augustus 2018. Besoek op 25 April 2012.
  4. "Haaretz.com" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2014. Besoek op 16 Februarie 2014.
  5. "New survey of Jews in South Africa". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Januarie 2022. Besoek op 20 Junie 2022.
  6. "World Jewish Population – Latest Statistics" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 5 April 2016.
  7. (en) Jewish Virtual Library. URL besoek op 13 November 2017.
  8. (en) South Africa Virtual Jewish History Tour. URL besoek op 5 Desember 2017.
  9. (en) Jewish Virtual Library. URL besoek op 5 Desember 2017.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search